JouMenseMyMense saam met SPAR – Maryka, Jhanyka en Bjorn, 4 Maart 2020

--:--
Maryka Coetzee is op 13-jarige ouderdom met totale nierversaking in ‘n hospitaal in Johannesburg opgeneem. Sy was die hele jaar in die hospitaal en het die dag voor Kersfees haar eerste nieroorplanting gekry. Op haar 22ste verjaarsdag kry sy haar 2de nieroorplanting.

Na haar eerste huwelik geweldadig raak vlug sy met haar dogter, Jhanyka na ‘n plek van veiligheid. Daar loop sy ‘n jarelange vriend, Ronnie weer raak. Ronnie het ook nierprobleme gehad en was in dieselfde hospitaal se kinderafdeling as sy. Ronnie help vir Maryka en haar dogter om weer op hulle voete te kom en help Jhanyka om haar regte pa op te spoor en vrede te maak voor haar pa in ‘n gru trok-ongeluk sterf.

Maryka en Ronnie is getroud en hulle seuntjie, Bjorn is in 2006 op 29 weke en ‘n skamele 1.6kg gebore. Sy bloeddruk was van geboorte af gevaarlik hoog en toetse wys dat hy een groot en een klein nier het wat swak is.

In 2007 het Ronnie baie siek word. Hy was in en uit die hospitaal met nierversaking en toe later ook hartversaking. In 2010 is hy oorlede.

Maar Maryka kon nie gaan lê nie! Sy en haar twee kinders het baie rondgetrek om ‘n dak oor hulle kop te probeer behou. Sy ry steeds elke dag bus om by die werk te kom en sal oorleef op koffie sodat haar kinders net nie honger is nie.

Bjorn se een nier is intussen in 2014 verwyder en hy is op die vooraand van ‘n hartoperasie volgende week. Hulle wil die gaatjie toemaak en die ander skade probeer regmaak.

2014 is ook die jaar wat 21-jarige Jhanyka ‘n dubbelde beroerte gehad het. ‘n Pragtige jongmens wat op vyf haar pa en op 11 haar stiefpa verloor het en steeds probeer sy sterk wees vir haar ma en daar wees vir haar broer. Sy hou skool by die Jad Jahwe Leersentrum in Pretoria-Wes waar Bjorn ook skoolgaan en dis waar ons hom gaan verras het met ‘n hospitaaltas gepak met warm pajamas en pantoffels aangesien hy dit al as ‘n koue plek leer ken. Ons kon ook vir die gesin ‘n SPAR geskenkkaart en R5000 bydrae gee hetsy vir onvoorsiene uitgawe
4 Mar 2020 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min