#JouMenseMyMense 26 November 2019 - 'n Kersete vir Huis Phyllis Robertson

--:--
Ons het die afsluiting van 2019 se #JouMenseMyMense projek gevier met ‘n spesiale kersete saam met die 64 inwoners van Huis Phyllis Robertson! Hierdie Huis ontvang geen staatshulp vir die werk wat hulle doen om na elkeen van die gestremde persone met hulle spesiale behoeftes om te sien nie. Die liefde en omgee van hierdie groot familie groet jou sommer al by die voordeur as jy inkom en daarna volg die drukkies en vriendelike geselsies jou oral waar jy gaan...

Die #GROOTontbyt- en leefstylsjef, Izelle Hoffman het al die vorige dag begin met die voorbereiding van die ete wat sy so saam met die Huis se kombuisspan gekook het. Sy is nie net lief vir kook nie, sy kook ook met liefde en glo 'n goeie bord kos is soos 'n drukkie - in hierdie geval nie net 'n mooi en kleurvolle "drukkie" nie, maar ook smaaklik en feestelik! Dorinda het vir ons die muffins gebak wat sy verkoop om vir haar seuntjie te kan sorg na sy einde Oktober haar werk verloor het. Ons almal het ‘n paar kersliedere saam gesing en vir ekstra vrolikheid die muffins versier met lekkergoed.

Een van die inwoners is 69-jarige Neelsie Boshoff wat al sedert 1977 by Phyllis Robertson Huis woon. Hy is lankal 'n weeskind en sy broers en susters is ook almal pensioenarisse. Neelsie dra nog altyd self by tot sy losies, maar dit word toenemend moeiliker vir hom en sy broers en susters om sy rekening te kan dek. Neelsie is die vriendelike dowe man wat altyd by die Fruit Stop in Gezina met sy gebuigde rug jou trollie kar toe “gedans” het om met sy kenmerklike reuse glimlag jou goed in die kattebak te help laai. Die gemeenskap het vroeër vanjaar ingespring om vir hom ‘n elektriese rolstoel te koop en dit was deur daardie insameling wat ons van Neelsie gehoor het. Danksy ons vriende van Immunadue kon ons vir hom ‘n R15 000 bydrae maak tot sy losies.
27 Nov 2019 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min