Kersfees HOOPstoot 3 - Candice se kunsbeen vir Kersfees

--:--
GROOTfm 90.5 — Candice Badenhorst (37) was 19 jaar oud toe sy met ‘n vorm van beenkanker gediagnoseer is. Na 5 sessies chemoterapie het hulle die gewas uitgesny, maar kort daarna was daar weer ‘n knoppie op haar been. Na die opvolgoperasie het die wond nie gesond geword nie en 4 maande voor haar 21ste verjaardag is haar been geamputeer.

Die verlies van haar been, 16 jaar gelede, het Candice nog nooit ondergekry nie. Sy het wél een groot droom: Om eendag hand-aan-hand met haar kinders te kan loop... Iets wat sy nog nooit met haar krukke kon doen nie. Candice en haar man Francois het twee seuns – 5 en 7 jaar oud - en hulle, saam met die ondersteuning van haar ma, is die grootste rede hoekom sy nie sal gaan lê nie.

Haar briefe aan ons was ook nie vir hulp vir haarself nie. “My ma is die wonderlikste mens. Sy het alles opgeoffer om my beter te kry, skuld aagegaan vir doktersrekeninge en nog baie meer. Sy kan self nie meer werk nie as gevolg van haar gesondheid en bly in ‘n woonstel in ons erf. Al wat ek vra is ‘n bietjie bederf, want sy sal haar laaste gee vir mense al het sy self niks nie.”

Ons span het met Candice afgespreek om haar ma by ‘n koffiewinkel te verras. Candice het vir haar ma gesê sy moet gaan vir ‘n werksonderhoud... Danksy Chris van SkinPhD in Mall@Reds kon ons die tannie bederf met ‘n reuse R5000 geskenkbewys vir van hare en naels tot produkte en grimering! Die tannie was so dankbaar en Candice het gedink ons is klaar...
Maar toe kom haar man Francois en 2 seuntjies, almal met blomme in die hand en die GROOTfm span met balonne om die hoek en kom staan om die tafel waar Candice se ma nog effens oorbluf voel na die lekker verrassing...
En na ons Candice uitgevra het oor haar droom en sy tussen deur die trane probeer verwoord, tree Ben Prinsloo van Prinsloo Ortopedies en Simoné Weyers van Weyers Ortopediese Dienste vorentoe met die nuus dat hulle, in samewerking met ӦSSUR wat die parte voorsien vir Candice.
25 Nov 2019 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min