#JouMenseMyMense - 2 JULIE 2019 - WOLLIES

--:--
155 sakke hondekos van 4 TON vir plus minus 950 honde-magies, aan twee baie spesiale vriende van GROOTfm 90.5 - Wollies en Paws Love Animal Shelter. Drie baie spesiale vriende wat hierdie alles ‘n werklikheid gemaak het – Ons vriende van SPAR, Bobtail en RCL foods.
Soos wat Erna (wat namens Carika Pienaar van Paws Love Animal Shelter gepraat het) sê, elke bietjie word waardeer, elke kombersie en bedjie, maar die grootste behoefte bly ALTYD kos!
Vandag het RCL foods se trok met die 4 ton Bobtail hondekos saam met die #JouMenseMyMense -Span en SPAR stil gehou voor Wollies se deur, om dié skenking vir Wollies en Paws Love Animal Shelter af te lewer.
Erna het vir Carika mooi verduidelik wat aangaan, omdat ons hulle verras het. Carika se hart van dankbaarheid was tasbaar (sy is doof gebore en is die hart en siel agter Paws Love Animal Shelter).
Vroeër in Junie het SPAR gebel met die goeienuus van die 4 ton hondekos en Wollies, met wie die #GROOTspan nou al hande-vier-voete saam stap, was dadelik in ons harte en gedagtes. Na ons kuier by Paws Love Animal Shelter, was dit ‘n “done deal”, soos ons in Engels sal sê.
Op 18 Junie het die #JouMenseMyMense- span gaan kuier by Kosmos Care Centre. Hier het ons vir Erna leer ken en toe ook haar dogter Carika Pienaar van Paws Love Animal Shelter. Nadat ons die storie gedeel het van Kosmos en Paws Love, het soveel mense na ons toe teruggekom met die hoogste lof en waardering vir Carika en die Paws Love Animal Shelter.
Met die reël van dié verrassing, verneem ons toe dat Paws Love en Wollies self ook goeie vriende is en mekaar gereeld uithelp en ondersteun, soos nodig. Ons het die 4 ton kos verdeel tussen Wollies en Paws Love, om só die plus minus 950 honde-magies vol te kan maak.
Soos Riva sê, "dít was nou ‘n (P)awesome dag"!
Vir meer inligting oor Wollies, besoek gerus wollies.org en vir meer oor Paws Love Animal Shelter, besoek gerus pawslove.co.za
#Wollies #PawsLove #Kosmos #AdoptDontShop
2 Jul 2019 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min