
Bly by veiligheidsreëls wanneer gevangenes besoek word: NCS
Loading player...
Die Namibiese Korrektiewe Diens doen ’n beroep op families wat gevangenes gedurende die feestyd besoek om streng veiligheids-maatreëls na te kom. Die Diens waarsku dat daar nie gepoog moet word om verbode items in te smokkel nie. Tydens ’n regerings-inligtingsessie het die hoofsekuriteitsbeampte, Ikume Nchindo, gesê dat besoek-ure wel verleng kan word, maar dat besoekers nie toegelaat sal word om kos of pakkies vir gevangenes saam te bring nie.

