
Meatco wil onder meer werksure halveer midde BKS-uitbreking
Loading player...
Meatco stel ’n vermindering van 50 persent in werknemers se werksure vir drie maande voor, terwyl die bek-en-klouseer uitbreking finansiële druk uitoefen. Ná samesprekings met die Namibiese Voedsel- en Geallieerde Werkersunie, Nafau, sê die korporasie dat werknemers met onvoldoende opgehoopte jaarlikse verlof slegs twee-derdes van hul Desember-salarisse sal ontvang. Sy maandelikse loonrekening beloop tans meer as 15,5 miljoen Namibiese dollar. Meatco-woordvoerder Undamuje Hambira sê die maatreëls is daarop gemik om die korporasie staande te hou en werkgeleenthede te beskerm.

