
Snoete-goete: Waarom stories oor diere so belangrik is vir kinders
Loading player...
Daar is iets besonders aan ’n storie waarin ’n jakkals slim planne maak, ’n skilpad geduldig sy pad stap of ’n leeu leer wat ware moed beteken. Kinders is dikwels baie meer ontvanklik vir ’n lewensles wanneer dit deur ’n storie vertel word as wanneer ’n grootmens bloot vir hulle sê wat reg en verkeerd is. Fabels en stories met dierekarakters het al geslagte lank ’n manier om komplekse lewenslesse op ’n eenvoudige, verstaanbare en prettige manier oor te dra. Maar waarom werk hierdie stories so goed, en hoe kan ons dit doelbewus gebruik om ons kinders se waardes en karakter te vorm? Sarina gesels met skrywer en kenner in die kinder- en opvoedkundige uitgewersbedryf, Ruchelle Lombaard.


