
ABC van Ouerskap: Z - zzzzz (slaap)
Loading player...
Slaap is een van die grootste gesprekspunte in ouerskap. Van pasgebore babas wat dag en nag deurmekaar het, tot kleuters wat skielik nie meer wil gaan slaap nie – ’n goeie nagrus kan soms soos ’n onbereikbare droom voel! Maar slaap is veel meer as net ’n blaaskans vir mamma en pappa. Dit speel ’n belangrike rol in ’n kind se breinontwikkeling, emosionele regulering, groei en algemene welstand. Sarina gesels met Melissa Bierman van Goodnight Baby oor kinderslaap, algemene slaapuitdagings en hoe ouers hul kleingoed kan help om gesonde slaapgewoontes te ontwikkel.


