
Mikroleners word toenemend 'n oorlewingsmiddel vir Namibiërs
Loading player...
Mikrolenings het vir baie werkende Namibiërs 'n noodsaaklikheid geword eerder as 'n manier om ekstra geld vir luukshede te bekom. Volgens nuwe navorsing van Cirrus Capital moet ongeveer die helfte van alle werkende mense in die land op mikroleners staatmaak om kop bo water te hou. Ekonoom Ida Williams sê die aantal geregistreerde mikroleners het in sowat drie jaar met byna 83 persent toegeneem. Sy waarsku dat die groeiende afhanklikheid van korttermynlenings op groter finansiële druk op huishoudings dui.

