JD Vance 'nie haastig' om as VSA-president te staan

Loading player...
Visepresident JD Vance van Amerika gaan êrens in volgende jaar besluit of hy in 2028 vir president gaan staan. ʼn Onlangse YouGov/Economist-peiling wat voor die middeltermynverkiesing gedoen is, het bevind 40-persent van deelnemers sal hom waarskynlik steun om as Republikeinse kandidaat benoem te word. Ander moontlike kandidate sluit in die minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, en senator Ted Cruz. Vance het aan Fox News gesê hy is nie haastig om te besluit nie:
17 Nov 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Rusland, China, Iran, N-Korea 'hou langtermyn-bedreiging vir Europa in'

Navo se sekretaris-generaal, Mark Rutte, waarsku Rusland se oorlogsmasjien loop volstoom en kan ook 'n bedreiging vir Europa inhou lank na die einde van die oorlog met Oekraïne. Intelligensie-verslae toon Rusland gaan binne 'n kwessie van weke 'n kern-bewapende satelliet lanseer. Rutte sê Rusland se uitbreiding van militêre produksie en…
24 Nov 10AM 1 min

Zille beskuldig partye hulle probeer DA uit Joburg-regering hou

Die burgemeesterskandidaat van die DA vir Johannesburg, Helen Zille, het die ANC, EFF, MK-party en ActionSA daarvan beskuldig dat hulle saamwerk om die DA uit die regering te hou. Zille het buite die Hooggeregshof in Johannesburg gesê, mededingende partye vrees dat die DA se rekord van doeltreffende bestuur meer kiesers…
24 Nov 10AM 1 min

Bly by veiligheidsreëls wanneer gevangenes besoek word: NCS

Die Namibiese Korrektiewe Diens doen ’n beroep op families wat gevangenes gedurende die feestyd besoek om streng veiligheids-maatreëls na te kom. Die Diens waarsku dat daar nie gepoog moet word om verbode items in te smokkel nie. Tydens ’n regerings-inligtingsessie het die hoofsekuriteitsbeampte, Ikume Nchindo, gesê dat besoek-ure wel verleng…
24 Nov 9AM 1 min

Regering fokus op plaaslike inhoud in oliebedryf

Die regering sê hy verskerp sy pogings om te verseker dat die olie- en gasbedryf tasbare ekonomiese voordele vir plaaslike ondernemings en burgers sal inhou. Kornelia Shilunga, spesiale adviseur en hoof van die Stroomop Petroleum-eenheid in die Kantoor van die President, sê deursigtige en meetbare plaaslike-inhoudraamwerke sal ’n sleutelrol speel…
24 Nov 9AM 1 min