
Alcaraz dink nie hy's gunsteling in ATP-eindtoernooi
Loading player...
Tennis: Die wêreld-nommer-drie, Carlos Alcaraz, beskou homself nie as gunsteling in die ATP-eindtoernooi wat Sondag in Turyn, Italië, begin nie. Die Spanjaard het oënskynlik sy beste spelpeil herwin toe hy gister die Amerikaner Ben Shelton verslaan het in die eindstryd van die Paryse Meesterstoernooi nadat hy vier maande van die seisoen misgeloop het met 'n gewrigsbesering. Alcaraz sê enigiets kan gebeur in Turyn, waar die wêreld se beste agt spelers meeding:

