
Geduld, Henties, die water is op pad
Loading player...
Inwoners van Hentiesbaai word versoek om geduldig te wees terwyl pogings voortgaan om die dorp se watertoevoer te herstel ná ’n pyp gebars het en die watertoevoer tydelik afgesny moes word. Burgemeester Titus Johannes het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die lek reeds herstel is, maar dat die reservoir eers weer moet volloop voordat die water weer kan vloei.

