
Almal nog welkom by gesprekke oor volksmoord-ooreenkoms
Loading player...
Gemeenskappe moet nie later krokodiltrane huil as hulle steeds weier om deel van gesprekke oor die gesamentlike ooreenkoms met Duitsland oor die OvaHerero- en Nama-volksmoord te wees nie. Só sê opperhoof Hoze Riruako, leier van een van twee OvaHerero-faksies wat steeds in ‘n regstryd om erkenning gewikkel is. Volgens hom staan die deur steeds oop vir gemeenskappe wat wil saampraat. Hy was Vrydag in Windhoek aan die woord tydens ‘n ontmoeting tussen tradisionele leiers en die Forum van Duitssprekende Namibiërs. ‘n Konsepooreenkoms is reeds in 2021 voltooi, maar nooit finaal onderteken nie. Die voorgestelde reparasiebedrag van 20 miljard Namibiese dollar bly ‘n sentrale twisappel.

