
NEHAWU is bekommerd oor Suid-Afrika se ekonomiese beleide
Loading player...
NEHAWU se nasionale uitvoerende komitee het kommer uitgespreek oor Suid-Afrika se huidige makro-ekonomiese beleidsraamwerk, en sê dit lewer nie volhoubare ekonomiese groei, belegging en ordentlike werk nie. Volgens die Nasionale Tesourie sal die raamwerk werkgeleenthede, beter uitvoerprestasie, meer beleggings, groter doeltreffendheid en billikheid in staatsbesteding, asook verbeterde ontwikkeling van menslike hulpbronne teweegbring. NEHAWU se woordvoerder, Lwazi Nkolonzi, sê die land se ekonomiese benadering wat op fiskale konsolidasie, besuiniging, inflasieteikens en strukturele hervormings fokus, plaas druk op openbare hulpbronne:

