
Dangote loods reuse-brandstofprojek in Walvisbaai
Loading player...
Die Nigeriese sakeman Aliko Dangote sê sy beplande brandstofbergingsprojek in Walvisbaai sal werksgeleenthede skep en Namibië se ekonomie help transformeer. Die projek behels 'n bergingsfasiliteit met 'n kapasiteit van minstens 1,6 miljoen vate petrol en diesel, asook 'n 16 kilometer lange pyplyn wat die fasiliteit met die brandstofhawe sal verbind. Dangote beoog ook 'n veel groter streeks-pyplynnetwerk van tussen 2 620 en 2 650 kilometer wat verskeie Suider-Afrikaanse lande sal verbind. Hy het vanoggend tydens die eerste grondbrekingseremonie by Walvisbaai gepraat.

