
Doeane gaan by Rusland leer hommeltuig vlieg
Loading player...
Die Namibiese Inkomste-agentskap ondersoek Russiese hommeltuig- en kunsmatige intelligensie-tegnologie om grensbeheer te verbeter en die koste van voertuigpatrollies te verminder. Dit volg ná die ondertekening van 'n doeane-samewerkingsooreenkoms tussen Namibië en Rusland in Moskou. NamRA-kommissaris Sam Shivute sê die samewerking sluit gespesialiseerde opleiding vir Namibiese doeanebeamptes by Rusland se Doeane-akademie in, met die oog op die ontwikkeling van Namibië se eie plaaslike opleidingsakademie. Die eerste amptenare sal na verwagting voor die einde van 2027 vir opleiding na Rusland vertrek.

