Moya: Bronkhorstspruit-waterkrisis se aanspreeklikheid strek wyer

Loading player...
Tshwane-burgemeester Nasiphi Moya sê volgens die voorlopige verslag is daar ernstige tekortkominge in die bestuurder van die Bronkhorstspruit-watersuiweringsaanleg se uitvoering van sy pligte. Verlede maand is meer as 800 gevalle van maagdermsiekte aangemeld nadat die metro versuim het om die aanleg se water met chloor te behandel. Moya sê aanspreeklikheid vir die waterkrisis in Bronkhorstspruit moet leiers in alle afdelings van die waardeketting insluit. Sy beklemtoon egter dat die aanleg se herstel in ʼn gevorderde stadium is:
4 Nov 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VSA en Kanada kibbel steeds oor tariewe

Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê onderhandelings oor 'n handelsooreenkoms met Amerika vorder, maar nog werk lê voor. Albei lande het invoertariewe op meer as 331 miljard rand se uitvoere verhoog nadat onderhandelings in Augustus in duie gestort het. Amerika het die invoer verbied van sekere Kanadese produkte, insluitend…
4 Nov 8AM 1 min

Doeane gaan by Rusland leer hommeltuig vlieg

Die Namibiese Inkomste-agentskap ondersoek Russiese hommeltuig- en kunsmatige intelligensie-tegnologie om grensbeheer te verbeter en die koste van voertuigpatrollies te verminder. Dit volg ná die ondertekening van 'n doeane-samewerkingsooreenkoms tussen Namibië en Rusland in Moskou. NamRA-kommissaris Sam Shivute sê die samewerking sluit gespesialiseerde opleiding vir Namibiese doeanebeamptes by Rusland se Doeane-akademie…
4 Nov 8AM 1 min

Ramaphosa sê plaaslike owerhede kan beter

Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, is bemoedig deur die groot getalle Suid-Afrikaners wat vandag aan die munisipale verkiesing deelneem. Hy het gepraat nadat hy in Hydepark in Johannesburg gestem het. Ramaphosa beskryf die opkoms as 'n geskiedkundige oomblik. Hy erken munisipaliteite worstel met groot uitdagings, maar is vol vertroue dienslewering sal…
4 Nov 7AM 1 min

Miljoene rol vir stryd teen BKS

Namibië se stryd teen bek-en-klouseer rol voort, met skenkings aan die Bek-en-Klouseerondersteuningsfonds wat teen vanoggend 16,1 miljoen Namibiese dollar beloop het. Onder die bydraers is die mynmaatskappy B2Gold, wat 1,6 miljoen dollar geskenk het vir pogings om die uitbreking in te perk en boere wat geraak is, te ondersteun. John…
4 Nov 7AM 1 min

Dangote loods reuse-brandstofprojek in Walvisbaai

Die Nigeriese sakeman Aliko Dangote sê sy beplande brandstofbergingsprojek in Walvisbaai sal werksgeleenthede skep en Namibië se ekonomie help transformeer. Die projek behels 'n bergingsfasiliteit met 'n kapasiteit van minstens 1,6 miljoen vate petrol en diesel, asook 'n 16 kilometer lange pyplyn wat die fasiliteit met die brandstofhawe sal verbind…
4 Nov 7AM 1 min