
Capricorn Eagles mik op Victoria-reeks in Uganda ná intensiewe voorbereiding
Loading player...
Die Capricorn Eagles is op pad na Uganda, waar hulle van 6 tot 14 November aan die Victoria-reeks deelneem. Kaptein Suné Wittmann sê die span het ná die onlangse viernasiesreeks in Namibië intensief aan hul fiksheid, krag en kondisionering gewerk, asook hul vaardighede opgeskerp. Namibië pak die gasheer Uganda in hul eerste wedstryd op 6 November, gevolg deur kragmetings teen die VSA en Rwanda. Wittmann sê daar is heelwat geleenthede vir die span om hulself internasionaal te bewys.

