
Internasionale oefening toets wêreld se vermoë om kerntoetse op te spoor
Loading player...
Namibië is die gasheer vir ’n internasionale kerntoets-verifikasie-oefening wat die wêreld se vermoë om moontlike kernwapentoetse op te spoor en te ondersoek, op die proef stel. Die oefening, wat deur die Omvattende Kernontoetsverbodverdragsorganisasie, die CTBTO, bestuur word, vind tot 20 November in die Erongo-streek plaas. Sowat 250 deelnemers van regoor die wêreld neem deel aan wat die organisasie se grootste en tegnologies mees gevorderde veld-oefening tot nog toe is. Namibië se ministerie van mynwese en energie is ook betrokke. Samuel Nengola het aan New Era verduidelik hoe ondersoek-spanne te werk gaan om verdagte aktiwiteite in ’n groot gebied stelselmatig te ondersoek en moontlike bewyse te identifiseer.

