
Dalende damvlakke wek kommer oor watersekerheid in die Suide
Loading player...
Die Hardap-besproeiingskema maak gereed vir sy koringoes, maar dalende watervlakke by sommige van die suidelike damme laat kommer ontstaan oor die streek se watersekerheid. Die gesamentlike bronne van die land se ses suidelike damme het in slegs een week met 5,74 miljoen kubieke meter gedaal, met die Hardapdam wat die grootste afname toon. Kosmos 94.1 Nuus het met Dawie de Klerk, voorsitter van die Hardap-boerevereniging gesels, wat sê dat dit verwag kan word, gegewe die hitte.

