
Landbouministerie gee vandag BKS-opdatering
Loading player...
Die landbouministerie sal vandag ’n opdatering verskaf oor die situasie rakende bek-en-klouseer en pogings om die siekte in te perk, met ’n spesifieke fokus op die Kharas- en Zambezi-streke. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het bevestig dat slegs gepasteuriseerde melk en suiwelprodukte vervoer mag word suid van die Rooilyn, nadat tuisgemaakte tradisionele omaere, of dikmelk, by padblokkades gekonfiskeer is. Hy het aan Kosmos 94.1 gesê vandag se inligtingsessie sal handel oor sleutelbeheermaatreëls, insluitend die bestuur van rondlopende vee langs paaie en in gebiede wat nie vir veeboerdery afgebaken is nie.

