Die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Ghebreyesus, sê klimaatsoptrede kan jaarliks sowat 1,6 miljoen lewens red en triljoene dollars se ekonomiese voordele oplewer. Maatreëls soos beter hittewaarskuwing-stelsels, skoner huishoudelike energie, en verbeterde toegang tot skoon water kan volgens hom 'n groot verskil maak. Tedros waarsku dat klimaatsverandering reeds siekte-uitbrekings aanwakker…
Die jaarlikse hoofinflasiekoers vir Oktober het op 5,6 persent te staan gekom, teenoor 5,4 persent in September. Dit is ook hoër as die 3,6 persent wat in Oktober verlede jaar aangeteken is, volgens die jongste syfers van die Namibiese Statistiekagentskap. Die agentskap se woordvoerder, Mirjam Shihepo, sê kerninflasie het op…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah se besluit om die reuse-Dangote-brandstofinfrastruktuurprojek onder die direkte toesig van die Presidensie te plaas, wek vrae oor die bestuur van groot beleggings. Bestuurskenner Pius Dunaiski waarsku dat Namibië waaksaam moet wees oor die risiko's wanneer sulke projekte onder presidensiële beheer geplaas word. Hy voer aan dat Afrika…
Ekonoom Dawie Roodt sê Suid-Afrika se uitsluiting van die Amerikaanse AGOA-handelsooreenkoms vanaf Januarie 2027 kan ekonomiese groei met minder as 0,1 persentasiepunt verminder. Hoewel hy die besluit as slegte nuus vir 'n reeds sukkelende ekonomie beskryf, sê hy dit is nie katastrofies nie, aangesien Suid-Afrika se uitvoere onder die voorkeurhandelsooreenkoms…
Die IPC bevraagteken die ekonomiese regverdiging van verdere spoorontwikkeling in die Noorde. Nelson Kalangula, die party se skadu-minister van Werke en Vervoer, sê groter voorkeur behoort eerder aan die beplande spoorverbinding tussen Windhoek en Botswana gegee te word. Hy het tydens 'n debat in die Nasionale Vergadering ook die 57…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.