
Roodt: AGOA-uitsluiting sal beperkte impak op SA se groei hê
Loading player...
Ekonoom Dawie Roodt sê Suid-Afrika se uitsluiting van die Amerikaanse AGOA-handelsooreenkoms vanaf Januarie 2027 kan ekonomiese groei met minder as 0,1 persentasiepunt verminder. Hoewel hy die besluit as slegte nuus vir 'n reeds sukkelende ekonomie beskryf, sê hy dit is nie katastrofies nie, aangesien Suid-Afrika se uitvoere onder die voorkeurhandelsooreenkoms reeds aansienlik afgeneem het. Roodt het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

