
Namibië se jaarlikse inflasie styg tot 5,6%
Loading player...
Die jaarlikse hoofinflasiekoers vir Oktober het op 5,6 persent te staan gekom, teenoor 5,4 persent in September. Dit is ook hoër as die 3,6 persent wat in Oktober verlede jaar aangeteken is, volgens die jongste syfers van die Namibiese Statistiekagentskap. Die agentskap se woordvoerder, Mirjam Shihepo, sê kerninflasie het op 3,7 persent gestaan en bly dus onder die hoofinflasiekoers.

