Japan se MMX-sending mik op monsters van Marsmaan

Loading player...
Nuwe inligting het na vore gekom oor Japan se MMX-ruimtesending, wat op pad is om stofmonsters van een van Mars se twee mane te versamel. Professor Pieter Meintjies, 'n astrofisikus aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein, verduidelik die jongste ontwikkelings tydens 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus.
22 Oct 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Roodt: AGOA-uitsluiting sal beperkte impak op SA se groei hê

Ekonoom Dawie Roodt sê Suid-Afrika se uitsluiting van die Amerikaanse AGOA-handelsooreenkoms vanaf Januarie 2027 kan ekonomiese groei met minder as 0,1 persentasiepunt verminder. Hoewel hy die besluit as slegte nuus vir 'n reeds sukkelende ekonomie beskryf, sê hy dit is nie katastrofies nie, aangesien Suid-Afrika se uitvoere onder die voorkeurhandelsooreenkoms…
5 Nov 5AM 1 min

IPC bevraagteken spoorontwikkeling in die Noorde

Die IPC bevraagteken die ekonomiese regverdiging van verdere spoorontwikkeling in die Noorde. Nelson Kalangula, die party se skadu-minister van Werke en Vervoer, sê groter voorkeur behoort eerder aan die beplande spoorverbinding tussen Windhoek en Botswana gegee te word. Hy het tydens 'n debat in die Nasionale Vergadering ook die 57…
5 Nov 5AM 1 min

Warm en sonnige weer, met kans op laatmiddagbuie

Namibiërs kan vandag warm en sonnige weer verwag, hoewel toestande later gedeeltelik bewolk kan raak, met 'n kans op buie teen laatmiddag of vanaand. Albertina Anderson van die Weerdiens sê daar is sowat 'n 55-persent kans op ligte reën of buie teen die aand.
5 Nov 5AM 1 min

AGOA-onsekerheid hou Suid-Afrikaanse wynbedryf in die weegskaal

Die Suid-Afrikaanse wynmeester Bennie Howard beskryf die Amerikaanse regering se voorgenome onttrekking van Suid-Afrika se handelsvoordele ingevolge die AGOA-ooreenkoms as 'n groot terugslag vir die land se wynbedryf. Hy waarsku dat die verlies aan voorkeurtoegang tot die Amerikaanse mark jare se belegging, gevestigde sakeverhoudings en kosbaar verworwe rakruimte in gevaar…
5 Nov 4AM 1 min

Nashinge kritiseer Inligtingsministerie se besteding

Die amptelike opposisieleier en IPC-LP, Immanuel Nashinge, het die Inligtingsministerie gekritiseer oor wat hy as verkwistende staatsbesteding beskryf. Hy het veral verwys na onnodige regstreekse uitsendings en uitgebreide dekking van regeringsgeleenthede deur die staatsmedia. Tydens die parlementêre debat oor die ministerie se N$681 miljoen-begroting het Nashinge 'n volledige herstrukturering voorgestel,…
5 Nov 3AM 1 min