
Plaaslike munisipale verkiesings 2026
Loading player...
Jannie Pelser en gaste, Prof. André Duvenhage, Roland Henwood en Dr. Oscar van Heerden gesels oor die 4de November, waar Suid-Afrikaners na die stembusse gaan om nuwe munisipale rade te verkies. Dit gebeur teen die agtergrond van ernstige vrae oor dienslewering, finansiële bestuur en die vermoë van munisipaliteite om aan inwoners se basiese verwagtinge te voldoen. Politieke partye en kandidate is in die laaste fase van hul veldtogte om kiesers se steun te werf. Maar hoe groot is die publiek se belangstelling? Wat sê die groot verskeidenheid politieke keuses oor die toestand van ons demokrasie? En watter verskil kan hierdie verkiesing werklik aan plaaslike bestuur maak?





