
Hond wat Swakop-polisie aanval geskiet
Loading player...
Tydens 'n polisie-ondersoek in Swakopmund se Mondesa-gebied het die 44-jarige Christian Petrus, algemeen bekend as Pepi, na bewering sy hond beveel om beamptes aan te val, waarna 'n beampte die aanstormende dier uit selfverdediging geskiet het. Petrus het hierdie week in die hof verskyn, borgtog van 1 000 Namibiese dollar gekry en sal op 19 November weer in die hof verskyn. Die Erongo-polisiekommissaris, kommandeur Nikolaus Kupembona, waarsku inwoners om hul honde te beheer:

