
Omaheke-streek reg vir stryd teen BKS
Loading player...
Boere en ander belanghebbendes in die Omaheke-streek sê dis elkeen se verantwoordelikheid om die verspreiding van bek-en-klouseer te stuit en het daarom verskeie maatreëls voorgestel om die land se geveg teen die siekte te versterk. Van hul voorstelle sluit in die instandhouding van die Namibië-Botswana grensdraad, die oprigting van padblokkades, en die skep van 'n streeksraadgewende taakspan om koördinering te verbeter. Streeks-Polisiekommissaris vir Omaheke, Heinrich Tjiveze, sê die polisie is gereed om met padblokkes te help, maar vra samewerking van alle rolspelers:

