
Weer: Baie warm vandag, môre koeler met ligte reënbuie
Loading player...
Met 'n bloedig-warm week agter die rug, sê die weerkantoor dat ons vandag nóg warmer sal kry, met dag-temperature wat in die noorde en noordooste van die land na verwagting bo 40 grade Celsius sal styg. 'n Koue front, môre, sal verligting en koeler weer bring, met ligte reënbuie in die noord-weste en sentrale gebiede. Albertina Anderson van die weerdiens het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

