
'Nie net ANC' moet deur Verkiesingskommissie gehelp word
Loading player...
Die Afrika Mayibuye-beweging sê die Verkiesingskommissie moet dieselfde verligting aan alle politieke partye bied wat benadeel is deur probleme met aanlyn stelsels vir kandidate-benoemings. Die Konstitusionele Hof het die ANC tegemoetgekom oor 181 kandidate wie se besonderhede wel vasgelê is, maar nie finaal ingedien is nie. Woordvoerder Sydney Baloyi sê die OVK moet die hofuitspraak regverdig toepas en alle kwalifiserende kandidate kans gee om aan volgende maand se plaaslike regeringsverkiesing deel te neem:

