
IPC-LP, Mouton bekommerd oor B1-padmerke wat besig is om te vervaag
Loading player...
Die IPC-LP, John-Louw Mouton, sê hy is bekommerd oor die padmerke op die B1 wat besig is om te vervaag en waarsku dat swak sigbaarheid van die padtekens die risiko van padongelukke kan verhoog. Mouton het Woensdag in die parlement vervoerminister, Veikko Nekundi, gevra wanneer die padmerke, veral dié wat veilige verbysteek-sones aandui, ‘n nuwe laag verf sou kry. Nekundi het op sy beurt weer gesê dat hy dringend die kwessie sal aandag gee:

