Eksamenseisoen skop landswyd af

Loading player...
Die skole-eksamenseisoen het amptelik landswyd afgeskop vir meer as 98 000 kandidate, met alle vraestelle wat veilig afgelewer is. Die direkteur van die nasionale assessering en eksamens, Clementine Tsumis-Garises, waarsku dat kandidate van eksamenlokale verbied sal word sonder 'n amptelike toelatingspermit en 'n ooreenstemmende staats-identiteitsdokument, paspoort of bestuurslisensie om nabootsing en bedrog te voorkom. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
14 Oct 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Wapen-amnestie lewer net 15 vuurwapens op

NamPol waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê daar was vanjaar 'n skerp afname in die vrywillige oorhandiging van onwettige vuurwapens tydens die Afrika-amnestiemaand veldtog. Slegs 15 vuurwapens is ingehandig, vergeleke met 86 in 2025. Oorhandigings was ook tot 'n handjievol streke beperk, wat die polisie genoop het om hul uitreikstrategie…
14 Oct 10AM 1 min

131 BKS-gevalle in ǁKharas bevestig, geen nuwe gevalle in Zambezi

Die landbouministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, sê daar is teen vandag 131 bevestigde gevalle van bek-en-klouseer aangemeld, almal in die ǁKharas-streek. Die gevalle is op 18 plase in die Karasburg-staatsveeartsdistrik gevind, en 63 011 diere is ondersoek sedert die uitbreking op 23 September bevestig is. In die Zambezi-streek, waar 'n…
14 Oct 10AM 1 min

Proteas-afrigter dink aan veranderinge vir tweede toets

Krieket: Die Proteas se afrigter, Shukri Conrad, sê dis nie nou tyd vir ondeurdagte reaksies nie na hulle nederlaag teen Australië in die eerste toets in Durban nie. Hy beklemtoon daar is geen verskonings nie, maar wys op die invloed van talle beserings, veral dié van die snelbouler Kagiso Rabada…
14 Oct 9AM 1 min

Shafudah vra insette vir 2027-2030 mediumtermyn-begroting

Finansminister Ericah Shafudah vra vir openbare insette oor die volgende begroting en die raamwerk vir uitgawes oor die mediumtermyn van 2027 tot 2030, wat sy in Februarie 2027 in die parlement sal indien. Tydens die bekendmaking van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing se oop begrotingsopname-resultate in Windhoek vanoggend, het Shafudah…
14 Oct 9AM 1 min

DA vra dringende ingryping na Katlehong-skietery

Die DA sê die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, en senior polisie-leierskap moet aan die parlement rekenskap gee van hul versuim om toe te slaan op die vlaag geweldsmisdade in Ekurhuleni, Gauteng. Dit volg nadat twee lede van die ANC-Jeugliga en nog twee mense dood is in ʼn verbyry-skietery…
14 Oct 8AM 1 min