
DA vra dringende ingryping na Katlehong-skietery
Loading player...
Die DA sê die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, en senior polisie-leierskap moet aan die parlement rekenskap gee van hul versuim om toe te slaan op die vlaag geweldsmisdade in Ekurhuleni, Gauteng. Dit volg nadat twee lede van die ANC-Jeugliga en nog twee mense dood is in ʼn verbyry-skietery in Katlehong nadat hulle ʼn gedenkdiens bygewoon het. Drie mense is gewond. Khathutshelo Rasilingwane van die DA sê die voorval beklemtoon toenemende kommer oor geweldsmisdaad in Ekurhuleni:

