
Twee lede van ANC-jeugliga in Katlehong doodgeskiet
Loading player...
Twee lede van die ANC-jeugliga is gisteraand in ʼn skietery by Nhlapo-seksie in Katlehong, Ekurhuleni, doodgeskiet. Vyf ander is gewond en hospitaal toe geneem vir mediese behandeling. Die skietvoorval het plaasgevind nadat die slagoffers ʼn gedenkdiens vir ʼn lid van ʼn politieke party by die Mogobeng Primary School bygewoon het. Gauteng se polisiekommissaris, Tommy Mthombeni, sê ʼn verdagte is in verband met die skietery gearresteer:

