Shafudah vra insette vir 2027-2030 mediumtermyn-begroting

Loading player...
Finansminister Ericah Shafudah vra vir openbare insette oor die volgende begroting en die raamwerk vir uitgawes oor die mediumtermyn van 2027 tot 2030, wat sy in Februarie 2027 in die parlement sal indien. Tydens die bekendmaking van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing se oop begrotingsopname-resultate in Windhoek vanoggend, het Shafudah gesê dat die raamwerk die finale geleentheid vir die implementering van Visie 2030 sal wees.
14 Oct 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Proteas-afrigter dink aan veranderinge vir tweede toets

Krieket: Die Proteas se afrigter, Shukri Conrad, sê dis nie nou tyd vir ondeurdagte reaksies nie na hulle nederlaag teen Australië in die eerste toets in Durban nie. Hy beklemtoon daar is geen verskonings nie, maar wys op die invloed van talle beserings, veral dié van die snelbouler Kagiso Rabada…
14 Oct 9AM 1 min

DA vra dringende ingryping na Katlehong-skietery

Die DA sê die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, en senior polisie-leierskap moet aan die parlement rekenskap gee van hul versuim om toe te slaan op die vlaag geweldsmisdade in Ekurhuleni, Gauteng. Dit volg nadat twee lede van die ANC-Jeugliga en nog twee mense dood is in ʼn verbyry-skietery…
14 Oct 8AM 1 min

Bolyf van vrou wat naby Daan Viljoen gevind is, geïdentifiseer

NamPol het die bolyf van 'n vrou wat in die Daan Viljoen-gebied gevind is, amptelik as dié van die 27-jarige Danelize Majiedt geïdentifiseer. Sy is op 30 Augustus as vermis aangemeld. Die mag se waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê forensiese DNS-toetse is op die oorskot gedoen, en verdagtes word…
14 Oct 8AM 1 min

Voltooiing van bouprojekte in Windhoek daal met 41%

Die amptelike syfers vir Windhoek se bouplanne vir die jaar tot dusver bly gedemp, terwyl die kus 'n meer belowende vooruitsig toon. Dit is volgens Almandro Jansen, 'n ekonoom by Simonis Storm, wat sê dat die voltooiing van bouprojekte in die hoofstad met 41 persent gedaal het tot 186 projekte…
14 Oct 6AM 1 min

Nampol bevestig arrestasie van 18-jarige vir Okahandja-meisiemoorde

Die Namibiese polisie het die inhegtenisneming van 'n 18-jarige verdagte bevestig in verband met die moord op die vyfjarige Ingrid Maasdorp en die sewe-jarig Fabianu Rosvinds in Okahandja. Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisiemag, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, het vanoggend tydens 'n perskonferensie bevestig dat DNS-bewyse die verdagte aan die misdaadtoneel…
14 Oct 6AM 1 min