
Arbeidsverhoudinge-ministerie in sop by Diensbillikheidskommissie
Loading player...
Die uitvoerende direkteur van die justisie en arbeidsverhoudinge-ministerie, Audrin Mathe, het voor die Diensbillikheidskommissie se hersieningspaneel verskyn oor nie-ingediende vorderingsverslae. Mathe het die oortreding erken en sê dat die ministerie, as bewaarders van die wet, die voorbeeld moet stel vir statutêre nakoming, en interne gevolgebestuur in die gesig moet staar terwyl hulle op die paneel se besluit wag.

