Stydende skuldlas op Afrika 'belemmer ontwikkeling'

Loading player...
Suid-Afrika se minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die toenemende skuldlas op Afrika belemmer sy ontwikkelingsdoelwitte. Hy het tydens die Afrika- en Europa-dialoog in Pretoria gesê 25 Afrikalande het die afgelope paar jaar meer bestee aan skuld-delging as aan gesondheid en onderwys. Lamola sê lande in die Globale Suide moet tot ses-persentasiepunte meer betaal om geld te leen as lande buite Afrika:
13 Oct 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Onderwysministerie werk aan krisisse: Steenkamp

Onderwysminister Sanet Steenkamp erken die Namibiese skoolstelsel se voortdurende uitdagings met fundamentele geletterdheid en leerderretensie. Sy het in 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus beklemtoon dat die aanspreek van hierdie kwessies bewysgebaseerde ingrypings en tasbare vordering vereis:
13 Oct 8AM 1 min

Drikus Coetzee vorder goed met Rhino Run-rit

Die Namibiese fietsryer Drikus Coetzee neem tans deel aan die Rhino Run van Windhoek na Graaff Reinet in Suid Afrika, oor 'n afstand van ongeveer 2-duisend-835 kilometer. Coetzee het met Kosmos 94.1 Nuus oor sy eerste dag op die pad gepraat:
13 Oct 6AM 1 min

Beëindiging van RedForce-skuld-invorderingskontrak in Walvis laat vrae ontstaan

Die onlangse beëindiging van die RedForce-skuld-invorderingskontrak deur die Walvisbaai Munisipale Raad het vrae laat ontstaan oor wetlike nakoming en die prosedures wat gevolg is by die toekenning van die ooreenkoms. Armas Amukoto, die IPC-skadu-minister vir Stedelike en Landelike Ontwikkeling, sê die langtermyn-doelwit behoort te wees om plaaslike owerhede te bemagtig…
13 Oct 6AM 1 min

Polisie-lede moet hul werk by Kers-padblokkades doen

Die waarnemende polisie-hoof-inspekteur van die Namibiese polisie, Majoor-generaal Anne-Marie Nainda waarsku wets-toepassers dat hulle te alle tye sigbaar moet wees en hul werk moet doen... as hulle tydens die fees-seisoen na padblokkades ontplooi word. Nainda het tydens Maandag se bekendstelling van die 2026/2027 Kersseisoen-padveiligheids-veldtog gesê dat twintig Nampol-lede met 30…
13 Oct 6AM 1 min

Bryan Eiseb: Korrupsie ondermyn sosiale- en ekonomiese ontwikkelings-geleenthede

Die nuut-aangestelde direkteur van die Teenkorrupsie-kommissie, Bryan Eiseb, sê voortdurende korrupsie kan die geleenthede.... wat deur die groeiende olie- en gassektor geskep word, in die wiele ry. Hy waarsku dat korrupsie, op die einde van die dag, die land se sosiale en ekonomiese ontwikkelings-geleenthede kan ondermyn. Tydens 'n persgeleentheid vanoggend…
13 Oct 6AM 1 min