
Polisie-lede moet hul werk by Kers-padblokkades doen
Loading player...
Die waarnemende polisie-hoof-inspekteur van die Namibiese polisie, Majoor-generaal Anne-Marie Nainda waarsku wets-toepassers dat hulle te alle tye sigbaar moet wees en hul werk moet doen... as hulle tydens die fees-seisoen na padblokkades ontplooi word. Nainda het tydens Maandag se bekendstelling van die 2026/2027 Kersseisoen-padveiligheids-veldtog gesê dat twintig Nampol-lede met 30 voertuie na van die land se besigste paaie en ongeluk-brandpunte ontplooi sal word. Sy sê dat die ontplooiing die regering derduisende Namibiese dollars kos aan reis- en verblyf-toelae, en voertuie en brandstof. Sy maan wetstoepassers dat hulle heel deel moet doen om die padveiligheids-veldtog ‘n sukses te maak:

