
Bryan Eiseb: Korrupsie ondermyn sosiale- en ekonomiese ontwikkelings-geleenthede
Loading player...
Die nuut-aangestelde direkteur van die Teenkorrupsie-kommissie, Bryan Eiseb, sê voortdurende korrupsie kan die geleenthede.... wat deur die groeiende olie- en gassektor geskep word, in die wiele ry. Hy waarsku dat korrupsie, op die einde van die dag, die land se sosiale en ekonomiese ontwikkelings-geleenthede kan ondermyn. Tydens 'n persgeleentheid vanoggend in Swakopmund het Eiseb die skuld vir korrupsie spesifiek op staatsamptenare geplaas.

