
N$146m kontant-inspuiting aan Shack Dwellers Federation of Namibia 'n stap in die regte rigting
Loading player...
Die Namibia Housing Action Group sê die kontant-inspuiting van 146-miljoen Namibiese dollar aan die Shack Dwellers Federation of Namibia... is 'n groot, positiewe stap en sal help om die land se behuisings-tekorte aan te spreek. Hoewel die regering rapporteer dat bykans 1 900 huise gedurende die 2025/26-boekjaar voltooi is, sê die groep se mede-direkteur, Heinrich Amushila, dat inisiatiewe vir bekostigbare behuising groter steun van beide die openbare en die private sektor benodig.

