
9de Nasionale IKT-beraad fokus op werkskepping en jeug-bemagtiging
Loading player...
Die 9de Nasionale IKT-beraad het by die Ongwediva-handelskousentrum afgeskop, wat die geleentheid se eerste stap buite Windhoek was om digitale vooruitgang te desentraliseer. Linda Nakale, uitvoerende direkteur van MICT, sê die beraad fokus op die benutting van tegnologie en konnektiwiteit. Sy sê die beraad fokus ook op die gebruik van digitale infrastruktuur om werk te skep, die jeug te bemagtig, en armoede te verminder.

