
Thuli Madonsela doen ’n beroep op etiese leierskap om munisipaliteite reg te ruk
Loading player...
Die direkteur van die Sentrum vir Sosiale Geregtigheid, Thuli Madonsela, doen 'n beroep op munisipaliteite om grondwetlike regte in werklikheid te omskep deur dienslewering te verbeter en ongelykheid aan te spreek. In 'n toespraak by die agtste Beraad oor Sosiale Geregtigheid aan die Universiteit Stellenbosch wat vandag ten einde loop, het Madonsela gesê munisipaliteite het leiers met integriteit nodig wat basiese dienste soos water, elektrisiteit, behuising en vullisverwydering kan lewer. Madonsela sê Suid-Afrika kan nie vorder sonder om munisipaliteite reg te ruk en die beloftes van die Grondwet na te kom nie:

