
Streeks-universiteite moet bek-en-klouseer en ander uitdagings aanspreek
Loading player...
Die Visekanselier van die Universiteit van Namibië, Professor Kenneth Matengu, sê universiteite wat deel vorm van die Kavango-Zambezi oorgrens-bewarings-gebied moet navorsing, wat bek-en-klouseer en ander streeks-uitdagings aanspreek, prioritiseer. Hy het die oproep Maandag in Katima Mulilo gemaak tydens die ondertekening van die Kavango-Zambezi oorgrens-bewarings-gebied Universiteit Konsortium Ooreenkoms. Matengu sê die ooreenkoms sal daarop fokus om diere- en menslike gesondheid in die streek te bevorder.

