
BKS: Boere moet waaksaam in Zambezi wees
Loading player...
Die landbouministerie doen 'n beroep op boere in die Zambezi-streek om waaksaam te wees en vermoedelike tekens van bek-en-klouseer by vee aan te meld. Dit volg op die jongste opsporing van die siekte in die streek. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het aan Kosmos 94.1 gesê dit is belangrik, aangesien die oorsaak van die uitbreking in die gebied nog onbekend is.

