
Landbou-ministerie werk aan nasporing van BKS-uitbreking in Zambezi-streek
Loading player...
Die Landbou-ministerie sê dit werk met veaartsenydienste en ander rolspelers in die Zambezi-streek om die oorsprong van die bek-en-klouseer-uitbreking dáár na te spoor, ná Sondag se bevestiging dat die siekte ook nou op Kalala-eiland aangeteken is. Twaalf monster wat van 20 beeste op die eiland geneem is het positief vir die vee-siekte getoets. Ministeriewoordvoerder, Romeo Muyunda, sê die beweging en slag van gesplete-hoef diere is ook nou in die streek tot verdere kennisgewing opgeskort:

