
BKS: Veeheining in Suide sal byna N$50 miljoen kos
Loading player...
Die Namibiese regering benodig onmiddellik sowat N$190 miljoen vir die bekamping van die bek-en-klouseeruitbreking in die land. Dit sluit N$47 miljoen in vir ‘n nuwe siektebeheerheining van sowat 290 kilometer tussen Ariamsvlei, Karasburg en Ai-Ais. Namibië se internasionale vleishandel is tot stilstand geruk nadat die uitbreking tot die opskorting van die land se bek-en-klou-vrye status gelei het. Gesprekke met handelsvennote duur voort oor besendings wat reeds onderweg of in berging was, sê minister Inge Zaamwani. Nog geld mag nodig wees vir die verdere bestuur van die krisis.

