Suid-Afrika oor 'n maand by stembus

Loading player...
Dit is vandag presies 'n maand voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November en politieke partye is steds besig met landswye verkiesingsveldtogte. Die Verkiesingskommissie sê hy is gereed, met meer as 29-miljoen kiesers wat geregistreer is. Die voorsitter, Mosotho Moepya, sê die kiesersrol is die grootste nóg in 'n plaaslike regeringsverkiesing. Hy sê dit is deels te danke aan 'n verhoogde deelname van jong kiesers. Kiesers word aangemoedig om hul stemme te laat hoor:
4 Oct 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BKS: Veeheining in Suide sal byna N$50 miljoen kos

Die Namibiese regering benodig onmiddellik sowat N$190 miljoen vir die bekamping van die bek-en-klouseeruitbreking in die land. Dit sluit N$47 miljoen in vir ‘n nuwe siektebeheerheining van sowat 290 kilometer tussen Ariamsvlei, Karasburg en Ai-Ais. Namibië se internasionale vleishandel is tot stilstand geruk nadat die uitbreking tot die opskorting van…
4 Oct 6AM 1 min

SWISS WorldCargo staak Namibiese uitvoere

Die land se luguitvoere het 'n groot terugslag gehad, met SWISS WorldCargo wat alle uitvoervrag vanaf Windhoek tot verdere kennisgewing opgeskort het. Dit bring effektief 'n einde aan Edelweiss se lugvragversendings na Europa. Die maatskappy sê die stap volg op 'n deurlopende hersiening van nakomingsvereistes. Fritz Kaufmann, TransWord Cargo se…
4 Oct 4AM 1 min

Sport: Bafana slyp tande vir Egipte

Bafana Bafana se afrigter, Pitso Mosimane, gaan verskeie veranderings aan die span aanbring wanneer Suid-Afrika vanaand teen Egipte in 'n vriendskaplike wedstryd op die Kaïro Internasionale Stadion te staan kom. Mosimane wil spelers wat nie tydens die oefenkamp speeltyd gekry het nie, die geleentheid bied om hul staal te toon…
4 Oct 3AM 1 min

Motoriste 24 uur in verkeersvisier

Motoriste wat tussen Swakopmund en Usakos reis, kan binnekort 24 uur per dag gemonitor word namate Namibië sy padveiligheidsmaatreëls verskerp. Die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, het die plan aangekondig tydens die opening van die opgradering van die 146 kilometer lange pad, ‘n belegging van 552 miljoen Namibiese…
4 Oct 2AM 1 min