
Sport: Bafana slyp tande vir Egipte
Loading player...
Bafana Bafana se afrigter, Pitso Mosimane, gaan verskeie veranderings aan die span aanbring wanneer Suid-Afrika vanaand teen Egipte in 'n vriendskaplike wedstryd op die Kaïro Internasionale Stadion te staan kom. Mosimane wil spelers wat nie tydens die oefenkamp speeltyd gekry het nie, die geleentheid bied om hul staal te toon. Nuwe gesigte soos Shandre Campbell, Fawaaz Basadien, Thabang Matuludi en Tashreeq Matthews sal na verwagting speel. Die span se kaptein en doelwagter, Ronwen Williams, mag dalk rus om Sipho Chaine of Ricardo Goss 'n kans in die doelhok te gee.

