
Die Kruis in branding
Loading player...
Jannie Pelser en gaste, Prof. Fanie Snyman, Prof. Hennie Stander en Prof. Cobus van Wyngaard gesels oor die Kruis in branding. Die gebruik van ongeveer 3 000 kruise wat onlangs in Washington opgerig is, met die doel om volgens die organiseerders internasionale aandag op geweld teen die boerderygemeenskap te vestig, het heelwat gesprek ontlok. Dit bring ons by ’n breër vraag: Waarom die kruis? Wat beteken hierdie simbool, waar kom dit vandaan, en wat gebeur wanneer die kruis vir ’n bepaalde boodskap of saak ingespan word?





