SA en VSA: hoe het ons hier gekom?

Loading player...
Jannie Pelser en gaste, Prof. Antoni van Nieuwkerk, Prof. Andre Duvenhage en Gert van der Westhuizen gesels oor die verhouding tussen Suid-Afrika en die Verenigde State wat die afgelope tyd weer merkbaar versleg het. Die jongste ontwikkeling is Washington se besluit om reis- en visumbeperkings teen sekere Suid-Afrikaanse persone in te stel, te midde van toenemende diplomatieke spanning tussen die twee lande. Maar hoe het ons hier gekom? Wat lê agter die huidige ongemak tussen Pretoria en Washington, en waarheen kan die verhouding van hier af beweeg?
23 Sep Afrikaans South Africa Christianity · News

Other recent episodes

Die Kruis in branding

Jannie Pelser en gaste, Prof. Fanie Snyman, Prof. Hennie Stander en Prof. Cobus van Wyngaard gesels oor die Kruis in branding. Die gebruik van ongeveer 3 000 kruise wat onlangs in Washington opgerig is, met die doel om volgens die organiseerders internasionale aandag op geweld teen die boerderygemeenskap te vestig,…
30 Sep 53 min

49 Dae voor die plaaslike regeringsverkiesing - wat is op die spel?

Ons is vandag 49 dae weg van die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November 2026. Dit is die verkiesing wat sal bepaal wie in ons munisipale rade gaan sit en hoe plaaslike regering daarna saamgestel en bestuur word. Vir die meeste Suid-Afrikaners is dit die regeringsfeer wat die naaste aan hulle…
16 Sep 52 min

Predikante SAAMkoms by Goudini – saam, stil, versterk en gestuur

Nagenoeg 700 predikante en diensleraars van die NG Kerk het onlangs by ATKV Goudini bymekaargekom vir ’n besondere tyd van samesyn, lof en aanbidding, gesprek, ontspanning en onderlinge koinonia. Dit was doelbewus nie ’n sinodesitting, konferensie of gewone kerkvergadering nie. Die bedoeling was eerder om ruimte te skep waar predikante…
9 Sep 51 min

Suid-Afrika en die wêreld - 'n besige September

Die wêreld is ’n besige plek. Wat internasionaal en plaaslik gebeur, raak uiteindelik ook Jan en Alleman - die tema waaroor Jannie Pelser en gaste, Prof. André Duvenhage en Prof. Hein Willemse vandag gesels
2 Sep 50 min

Skole sport onder druk

Sport speel ’n groot rol in die lewe van baie Suid-Afrikaanse skole. Vir sommige leerders is dit ’n belangrike deel van hulle skoolervaring; vir ander is dit ’n ruimte waar talente ontdek en ontwikkel word. Dit bring ook skole, ouers, afrigters en gemeenskappe bymekaar. Maar die wêreld van skolesport het…
26 Aug 53 min